Navigasie

Maak kontak met ons:
Connect with us on Facebook. Connect with us on Twitter.


Boodskap vanaf Eienaars

"Ons streef daarna om die beste diens te lewer en vir U, ons klient, 'n heerlike wegbreek te verseker.  Wees asseblief gewaarborg van die beste en vriendelikste diens ten alle tye.  Moet asseblief nie skroom om ons te kontak indien U probleme ondervind gedurende en selfs na U besoek aan ons oord"

Bruce en Elize Odendaal


 

Die Oord se Doelstellings en Motto

Die daarstelling van fasiliteite  en geriewe om gesonde, bekostigbare en veilige gesinsontspanning te bevorder, gebasseer op die Christelike beginsels met GOD DRIE-ENIG as enigste Verlosser en Saligmaker, met die westerse kultuur, gerugsteun deur tradisionele Afrikaner morele waardes, norms en leefwyse.


Die winter is so te sê verby, kom geniet die lente saam met ons!

Welkom by ons Webtuiste!

 

Fortuna is 'n privaat beheerde vakansieoord wat gelee is op die oewer van die Suikerbosrandrivier en die P vd Merwe Haarhof Dam, ook bekend as die Balfourdam.  Die eienaars Bruce en Elize Odendaal woon op die oord. 

Die oord is baie veilig en slegs 'n uur se ry vanaf Johannesburg.
Bruce en Elize Odendaal vewelkom u graag op ons unieke vakansieoord, Fortuna, en laat u gou tuis voel.

Ons bied 'n veilige en rustige wegbreek plek waar besoekers kan uitrus terwyl daar heelwat is vir kinders om hul mee besig te hou

Die geriewe op die oord is baie netjies en skoon en alles word gedoen om u verblyf op die oord so gerieflik moontlik te maak.

‘n Groot stuk van die Afrikaner se geskiedenis het ook hier afgespeel, veral in die vryheidsoorloë en menigte boere leiers het hier laer getrek.

Baie te doen

Hier op die oord is daar baie aktiwiteite om aan deel te neem.  Ons roem ons egter daarop dat ons 'n rustige wegbreekplek bied hier op die plaas waar mens kan kom onstpan en wegkom van die harwar en geroer van die stad en dorp. 

Wees verseker dat ons U welstand op die hart dra en dat enige buitensporige of oproerige gedrag glad nie geduld word nie en dat ons dadelik optree indien ons sulke klagtes ontvang. 

Navigasie op die webblad

Neem U tyd en snuffel rond op ons webblad.  Die skakels in die linker deel skakel na sommige belangrike inligting en indien U meer van ons oord te wete wil kom navigeer ook gerus na die skakels bo aan die bladsy.  Moenie vergeet om die foto's te kyk nie!